Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 12:31-49 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

31. Hy het Moshe en Aharon in die nag laat roep en gesê: “Staan op, gaan weg onder my volk uit, julle sowel as die seuns van Yisra’el en gaan dien יהוה soos julle gesê het.

32. Vat ook julle kleinvee en julle beeste saam soos julle gesê het, gaan weg en seën my ook.”

33. Die Mitzrayiete het aangehou by die volk, om hulle haastig uit die land uit te stuur, want hulle het gedink: ‘Ons sal almal sterf!’

34. Toe neem die volk hulle deeg voordat dit ingesuur was, met hulle bakskottels, in hulle klere toegebind, op die skouers.

35. Die seuns van Yisra’el het gedoen volgens die woord van Moshe: hulle het van die Mitzrayiete silwer en goue goed en klere gevra

36. en יהוה het aan die volk guns verleen in die oë van die Mitzrayiete en dié het hulle versoek toegestaan. So het hulle die Mitzrayiete geplunder.

37. Die seuns van Yisra’el het van Ra’amses na Sukkot gereis, omtrent ses honderd duisend manne te voet, buiten die kinders.

38. ’n Gemengde menigte van mense het ook saam met hulle opgegaan en troppe kleinvee en beeste; uitermate baie lewende hawe.

39. Hulle het van die deeg wat hulle uit Mitzrayim gebring het, ongesuurde koeke gebak, want dit was nie ingesuur nie omdat hulle uit Mitzrayim uitgedryf is en hulle dus nie plat koeke kon bak nie en ook geen kos vir hulleself voorberei het nie.Eks 12:15

40. Die tyd wat die seuns van Yisra’el in Mitzrayim gebly het, was vier honderd en dertig jaar.

41. Dit het gebeur aan die einde van vier honderd en dertig jaar, op dieselfde dag het dit gebeur dat al die leërmagte van יהוה uit Mitzrayim uitgegaan het.

42. Dit is ’n nag van herinnering tot eer van יהוה omdat Hy hulle uit Mitzrayim uitgebring het. Dit is dié nag van יהוה, ’n vasgestelde tyd om onderhou te word deur al die seuns van Yisra’el in hulle geslagte.

43. יהוה het vir Moshe en Aharon gesê: “Dit is die instelling van die Pesag: géén vreemdeling mag daarvan eet nie,

44. maar elke slaaf van ’n man wat met geld gekoop is, wanneer jy hom besny het, dan mag hy daarvan eet.

45. ’n Besoeker of ’n huurling mag nie daarvan eet nie.

46. In een huis moet dit geëet word; jy mag niks van die vleis uit die huis buitentoe bring nie en julle mag geen been daarvan breek nie.Yog 19:36

47. Die hele bymekaarkoms van Yisra’el moet dit hou.

48. As ’n besoeker by jou bly en tot eer van יהוה die Pesag wil vier, moet almal wat manlik is by hom, besny word en dan mag hy nader kom om dit te vier en hy sal soos ’n kind van die land wees, want géén onbesnedene mag daarvan eet nie.

49. Een wet sal geld vir die kind van die land en vir die besoeker wat onder julle bly.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 12