Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 11:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het vir Moshe gesê: “Ek sal nog een plaag oor Farao en oor Mitzrayim bring. Daarna sal hy julle geheel en al hiervandaan laat gaan. As hy julle laat gaan, sal hy julle geheel en al uitdryf hiervandaan.

2. Praat nou voor die ore van die volk dat elke man van sy naaste en elke vrou van haar naaste silwer goed en goue goed moet vra.”

3. יהוה het aan die volk guns verleen in die oë van die Mitzrayiete. Meer nog, die man, Moshe, was baie hoog geag in Mitzrayim, in die oë van Farao se diensknegte en in die oë van die volk.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 11