Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 10:2-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. en sodat jy voor die ore van jou seun en jou kleinseun kan vertel hoe Ek ’n bespotting van die Mitzrayiete gemaak het en van My tekens wat Ek onder hulle gebring het sodat julle kan weet dat Ek יהוה is.”

3. Moshe en Aharon het na Farao toe gegaan en vir hom gesê: “So sê יהוה, die God van die Hebreërs: ‘Hoe lank sal jy weier om jou voor My te verneder? Laat My volk gaan dat hulle My kan dien,

4. of anders, as jy weier om My volk te laat gaan, let op, môre sal Ek sprinkane in jou gebied inbring

5. en hulle sal die oppervlakte van die grond bedek sodat niemand die land sal kan sien nie en hulle sal die res van wat oorgebly het, wat vir julle van die hael oorgebly het en al die bome wat vir julle in die veld opgroei, opeet.

6. Jou huise, die huise van al jou diensknegte en die huise van al die Mitzrayiete sal vol van hulle wees; soos jou vaders en die vaders van jou vaders nie gesien het van die dag af dat hulle op die aarde is, tot vandag toe nie.’” Hy het omgedraai en van Farao af weggegaan.

7. Farao se diensknegte vra vir hom: “Hoe lank sal die man vir ons ’n strik wees? Laat die manne gaan dat hulle יהוה, hulle God, kan dien. Weet u nog nie dat Mitzrayim vernietig is nie?”

8. Moshe en Aharon is teruggebring na Farao toe en hy sê vir hulle: “Gaan, dien יהוה, julle God. Wie is dit wat gaan?

9. Moshe antwoord: “Ons sal gaan met ons jong mense en ons ou mense, met ons seuns en ons dogters; met ons kleinvee en ons beeste sal ons gaan, want ons moet ’n fees hou vir יהוה.”

10. Hy sê vir hulle: “יהוה is met julle as ek ooit julle en julle kinders sal laat gaan! Let op, want die bose is in julle gedagtes.

11. Nie so nie! Gaan nou, julle manne en dien יהוה, want dít is wat julle begeer het.” Hulle is uit Farao se teenwoordigheid uitgedryf.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 10