Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 9:19-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. want ek was bang vir die woede en die toorn waarmee יהוה vir julle kwaad was, om julle te vernietig, maar יהוה het dié keer ook na my geluister.Eks 32:21-35

20. יהוה was ook kwaad genoeg vir Aharon sodat Hy hom wou vernietig, maar ek het ook vir Aharon in dieselfde tyd gebid.

21. Ek het julle sonde, die kalf wat julle gemaak het, gevat en dit met vuur verbrand, dit stukkend gestamp en fyn gemaal totdat dit so fyn soos stof was en dié stof het ek in die stroom gegooi, wat van die berg afkom.

22. Wéér by Tav’erah, by Massah en by Kivrot-HaTa’avah het julle יהוה uitgetart tot woede.

23. Toe יהוה julle uit Kadesh-Barnea gestuur het met die woorde: ‘Trek op en neem die land in besit, wat Ek vir julle gegee het,’ het julle rebelleer teen die opdrag van יהוה, julle God en het julle Hom ook nie vertrou of ook nie na Sy stem geluister en dit gedoen nie.

24. Julle was rebels teen יהוה van die dag af dat ek julle ken.

25. Dus het ek met my gesig op die grond neergeval voor die Teenwoordigheid van יהוה, vir veertig dae en veertig nagte omdat יהוה gesê het dat Hy julle wou uitwis.

26. Ek het daarom tot יהוה gebid en gesê: ‘O Meester, יהוה, moenie U volk, U erfenis wat U deur U grootheid losgekoop het, wat U uit Mitzrayim uitgelei het, deur ’n magtige hand, vernietig nie.

27. Onthou U diensknegte, Avraham, Yitz’gak en Ya’akov; kyk nie na die hardkoppigheid van hierdie volk of na hulle boosheid of hulle sonde nie

28. sodat die land waaruit U ons gelei het, nie kan sê: ‘Omdat יהוה nie in staat was om hulle in die land wat Hy hulle beloof het in te bring nie en omdat Hy hulle haat, het Hy hulle uitgelei om hulle in die wildernis dood te maak,’ nie.

29. Nogtans is hulle U volk en U erfenis wat U deur U groot krag en U uitgestrekte arm uitgelei het.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 9