Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 7:5-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. maar julle moet hulle so behandel: julle moet hulle altare omgooi, hulle pilare stukkend breek en hulle Astarte beelde omkap en hulle gekerfde beelde met vuur verbrand,

6. want jy is ’n afgesonderde volk tot יהוה, jou God; יהוה, jou God, het jou vanuit al die volke wat op die aarde is, gekies om ’n volk vir Sy eie besit te wees.

7. יהוה het nie Sy liefde op julle gesit of julle gekies omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die minste van al die volke,

8. maar omdat יהוה julle liefhet en die eed gehou het wat Hy tot julle vaders gesweer het, het יהוה julle met ’n sterk hand uitgelei en julle bevry uit die huis van slawerny, uit die hand van Farao, die koning van Mitzrayim.Ps 103:18; Yog 14:15; Yog 15:14

9. Weet daarom dat יהוה, jou God, God is, die getroue Magtige God, wat Sy verbond en Sy onverdiende guns hou tot ’n duisendste geslag met dié wat Hom liefhet en Sy opdragte gehoorsaam,

10. maar aan die wat Hom haat, betaal Hy dit terug in hulle gesig, om hulle te vernietig. Hy sal nie terughou teenoor dié wat Hom haat nie, Hy sal hom in sy gesig terugbetaal.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 7