Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 6:3-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. O, Yisra’el, jy moet luister en wees versigtig om dit te doen sodat dit met jou goed mag gaan en dat julle baie kan vermenigvuldig soos יהוה, die God van jou vaders, jou beloof het, in ’n land wat vloei met melk en heuning.Yog 10:30

4. Luister, hoor en doen Yisra’el, יהוה is ons God; יהוה is Een.Deut 10:12; Mat 22:37; Mar 12:29,30; Luk 10:27; Rom 8:28

5. Jy moet יהוה, jou God, liefhê met jou hele verstand en wil en met jou hele lewe en met al jou vermoëns.

6. Hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou verstand, wil en emosie wees.

7. Jy moet dit ywerig vir jou kinders leer en daaroor praat as jy in jou huis sit, as jy op pad is, as jy gaan lê en as jy opstaan.Eks 13:9,16; Open 13:16

8. Jy moet dit as ’n teken bind op jou hand en dit moet as ’n voorkopband tussen jou oë wees.

9. Jy moet dit op die kosyne van jou huis en op jou hekke skryf,

10. dan sal dit gebeur, wanneer יהוה, jou God, jou inbring in die land, wat Hy aan jou vaders, Avraham, Yitz’gak en Ya’akov met ’n eed beloof het sodat Hy vir jou groot en mooi stede sal gee wat jy nie gebou het nie,

11. huise vol allerlei goed, wat jy nie vol gemaak het nie, uitgekapte putte, wat jy nie gegrawe het nie en wingerde en olyfbome, wat jy nie geplant het nie en jy sal eet en versadig wees,

12. wees dan versigtig dat jy יהוה nie vergeet, wat jou uit die land van Mitzrayim, uit die huis van slawerny, uitgebring het nie.Deut 10:20; Mat 4:10; Luk 4:8 en by Sy Naam (Karakter en Outoriteit) moet jy sweer.

13. Jy moet יהוה, jou God, respekvol vrees, Hom dien

14. Julle mag nie agter ander gode aan gaan; enige van die gode van die volke wat rondom julle is nie

15. sodat die woede van יהוה, julle God, nie teen julle brand en Hy julle van die aarde af vee nie, want יהוה, julle God, is ’n jaloerse, Magtige God tussen julle.Mat 4:7; Luk 4:12 soos julle Hom by Massah getoets het nie.

16. Julle mag יהוה, julle God, nie toets

17. Julle moet die opdragte van יהוה, julle God, Sy getuienisse en Sy reëls wat Hy julle beveel het, ywerig onderhou.

18. Jy moet doen wat reg en goed is in die oë van יהוה sodat dit met jou goed mag gaan en jy kan ingaan en die goeie land kan besit wat יהוה aan jou vaders met ’n eed beloof het,

19. deur al jou vyande voor jou uit te dryf; soos יהוה gesê het.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 6