Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 6:15-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. sodat die woede van יהוה, julle God, nie teen julle brand en Hy julle van die aarde af vee nie, want יהוה, julle God, is ’n jaloerse, Magtige God tussen julle.Mat 4:7; Luk 4:12 soos julle Hom by Massah getoets het nie.

16. Julle mag יהוה, julle God, nie toets

17. Julle moet die opdragte van יהוה, julle God, Sy getuienisse en Sy reëls wat Hy julle beveel het, ywerig onderhou.

18. Jy moet doen wat reg en goed is in die oë van יהוה sodat dit met jou goed mag gaan en jy kan ingaan en die goeie land kan besit wat יהוה aan jou vaders met ’n eed beloof het,

19. deur al jou vyande voor jou uit te dryf; soos יהוה gesê het.

20. Wanneer jou seun jou in die toekoms vra en sê: ‘Wat beteken die getuienisse, die reëls en die wette wat יהוה, ons God, julle beveel het?’,

21. dan moet jy aan jou seun sê: ‘Ons was slawe van Farao in Mitzrayim en יהוה het ons deur ’n magtige hand uit Mitzrayim uitgebring.

22. יהוה het groot en ontstellende tekens en wonders voor ons oë, in Mitzrayim, aan Farao en sy hele huis gedoen.

23. Hy het ons daarvandaan uitgelei om ons in te bring, om aan ons die land te gee wat Hy aan ons vaders met ’n eed beloof het.

24. יהוה het ons dus beveel om al hierdie reëls na te kom, om יהוה, ons God, respekvol te vrees sodat dit met ons altyd goed mag gaan, vir ons oorlewing, soos dit vandag is.

25. Dit sal onpartydige opregtheid vir ons wees, as ons versigtig is om al hierdie opdragte te hou voor die Teenwoordigheid van יהוה, ons God, net soos Hy ons beveel het.Hand 13:19

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 6