Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 6:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is die opdragte, die reëls en die wette wat יהוה, julle God, my beveel het om julle te leer sodat julle dit kan doen in die land waarheen julle oortrek, om dit te besit;

2. dat jy יהוה, jou God, respekvol kan vrees om al Sy reëls en Sy opdragte, wat ek jou beveel, te doen, jy en jou kinders en jou kleinkinders, al die dae van jou lewe en dat jou dae verleng mag word.

3. O, Yisra’el, jy moet luister en wees versigtig om dit te doen sodat dit met jou goed mag gaan en dat julle baie kan vermenigvuldig soos יהוה, die God van jou vaders, jou beloof het, in ’n land wat vloei met melk en heuning.Yog 10:30

4. Luister, hoor en doen Yisra’el, יהוה is ons God; יהוה is Een.Deut 10:12; Mat 22:37; Mar 12:29,30; Luk 10:27; Rom 8:28

5. Jy moet יהוה, jou God, liefhê met jou hele verstand en wil en met jou hele lewe en met al jou vermoëns.

6. Hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou verstand, wil en emosie wees.

7. Jy moet dit ywerig vir jou kinders leer en daaroor praat as jy in jou huis sit, as jy op pad is, as jy gaan lê en as jy opstaan.Eks 13:9,16; Open 13:16

8. Jy moet dit as ’n teken bind op jou hand en dit moet as ’n voorkopband tussen jou oë wees.

9. Jy moet dit op die kosyne van jou huis en op jou hekke skryf,

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 6