Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 5:4-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. יהוה het van oog tot oog op die berg, vanuit die vuur, met julle gepraat.

5. In dié tyd het ek tussen יהוה en julle gestaan om aan julle die boodskap van יהוה bekend te maak, want julle was bang as gevolg van die vuur en het nie op die berg opgegaan nie. Hy het gesê:

6. ‘Ek is יהוה, jou God, wat jou uit die land van Mitzrayim, uit die huis van slawerny, uitgelei het.

7. Jy mag geen ander gode in My Teenwoordigheid hê nie.

8. Jy mag vir jou geen afgod of enige afbeelding maak van wat bo in die hemele is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.

9. Jy mag jou nie voor hulle neerbuig of hulle dien nie, want Ek, יהוה, jou God, is ’n jaloerse, Magtige God wat die oortredinge van die vaders die kinders laat beïnvloed tot by die derde en die vierde geslag van dié wat My haat,

10. maar wat liefdevol omgee vir duisende; dié wat My liefhet en My opdragte uitvoer.

11. Jy mag die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה, jou God, nie valslik gebruik nie, want יהוה sal die een wat Sy Naam valslik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 5