Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 33:27-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. In die hemel van hemele is die blyplek van God van ewigheid af en benede skep Hy die mens. Hy sal die vyand voor jou uit vernietig, want Hy het gesê: ‘Vernietig!’

28. Yisra’el sal alleen in veiligheid loop, die fontein van Ya’akov in afsondering, in ’n land van graan, wyn en olie; Sy hemele laat ook dou afdrup.

29. Geseënd is jy, O Yisra’el! Wie is soos jy? ’n Volk wie se redding deur יהוה volgehou word. God is jou hulp en jou trots is nie in die swaard nie. Jou vyande sal valslik teenoor jou optree, maar jy sal op hulle nekke trap.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 33