Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 33:23-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Van Naftali het hy gesê: “O Naftali, versadig met guns en vol van die seën van יהוה, neem besit van die see en die suide!”

24. Van Asher het hy gesê: “Asher is meer geseënd as seuns; laat hy die gunsteling van sy broers wees en mag hy sy voet in olie insteek.

25. Jou skoene sal yster en koper wees en volgens jou dae, so sal jou kragte wees.

26. Daar is niemand soos die God van Yeshurun, wat die hemele ry tot jou hulp en deur die lug in Sy majesteit, nie.

27. In die hemel van hemele is die blyplek van God van ewigheid af en benede skep Hy die mens. Hy sal die vyand voor jou uit vernietig, want Hy het gesê: ‘Vernietig!’

28. Yisra’el sal alleen in veiligheid loop, die fontein van Ya’akov in afsondering, in ’n land van graan, wyn en olie; Sy hemele laat ook dou afdrup.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 33