Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 33:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is die seën waarmee Moshe, die man van God, die seuns van Yisra’el geseën het voor sy dood.

2. Hy het gesê: “יהוה het vanaf Sinai gekom en geskyn oor ons vanaf Se’ir; Hy het opgestaan vanaf die berg Pa’ran en gekom met tien duisende afgesonderdes aan Sy regterhand.

3. Inderdaad, Hy het in hulle behoeftes voorsien en hulle geliefd gemaak onder die nasies. Hy het al Sy afgesonderdes geseën en hulle het naby, in U voetspore, gevolg; elkeen het U boodskappe ontvang.

4. Moshe het aan ons die wet oorgedra, ’n besitting vir die vergadering van Ya’akov.

5. Hy is koning in Yeshurun, toe die hoofde van die volk bymekaargekom het, die stamme van Yisra’el saam.

6. Mag Re’uven leef en nie sterf nie en sy manne ook nie min wees nie.”

7. Hierdie is die seën vir Y’hudah: “Hoor, O יהוה, die stem van Y’hudah en bring hom naby sy mense; met sy hande het hy vir hulle baklei en mag U vir hom ’n Hulp wees teen sy teëstanders.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 33