Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 31:22-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Moshe het hierdie lied op dieselfde dag geskryf en dit vir die seuns van Yisra’el geleer.

23. Toe het Hy Y’hoshua, die seun van Nun, aangestel en gesê: “Wees onveranderlik sterk en dapper, want jy sal die seuns van Yisra’el inbring in die land wat Ek hulle met ’n eed beloof het en Ek sal by jou wees.”

24. Dit het gebeur toe Moshe die woorde van hierdie wet klaar in ’n boek geskryf het totdat hulle volledig was,

25. dat Moshe die Leviete, wat die verbondsark van יהוה gedra het, bevel gegee en gesê het:

26. “Vat hierdie boek van die wet en sit dit langs die verbondsark van יהוה, julle God sodat dit daar kan bly as ’n getuie teen jou,

27. want ek ken jul rebellie en jul hardkoppigheid. Let op, terwyl ek nog by julle lewe vandag, was julle rebels teen יהוה, hoeveel te meer dan ná my dood!

28. Vergader by my al die oudstes van julle stamme en julle leiers sodat ek hierdie woorde kan sê waar hulle kan hoor en die hemele en die aarde as getuies teen hulle kan roep,

29. want ek weet dat julle ná my dood korrup sal optree en sal wegdraai van die pad wat ek julle beveel het en wetsoortreding sal oor julle kom in die laaste dae omdat julle sal doen wat boos is in die oë van יהוה en Hom tot woede aanhits met die werk van julle hande.”

30. Toe het Moshe, waar die hele vergadering van Yisra’el hom kon hoor, die woorde van hierdie lied uitgespreek tot die einde toe.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 31