Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 31:20-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. want wanneer Ek hulle inbring in die land wat vloei met melk en heuning, wat Ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het en hulle geëet het, versadig is en voorspoedig word; dan sal hulle afdraai na ander gode en dié dien en hulle sal My verwerp met veragting en My verbond verbreek;

21. dan sal dit gebeur dat, wanneer baie booshede en moeilikhede oor hulle kom, hierdie lied voor hulle sal getuig as ’n getuie, want dit sal nie vergeet word op die lippe van hulle nageslag nie, want Ek ken hulle bedoeling, wat hulle vandag ontwikkel, voordat Ek hulle ingebring het in die land wat Ek met ’n eed beloof het.”

22. Moshe het hierdie lied op dieselfde dag geskryf en dit vir die seuns van Yisra’el geleer.

23. Toe het Hy Y’hoshua, die seun van Nun, aangestel en gesê: “Wees onveranderlik sterk en dapper, want jy sal die seuns van Yisra’el inbring in die land wat Ek hulle met ’n eed beloof het en Ek sal by jou wees.”

24. Dit het gebeur toe Moshe die woorde van hierdie wet klaar in ’n boek geskryf het totdat hulle volledig was,

25. dat Moshe die Leviete, wat die verbondsark van יהוה gedra het, bevel gegee en gesê het:

26. “Vat hierdie boek van die wet en sit dit langs die verbondsark van יהוה, julle God sodat dit daar kan bly as ’n getuie teen jou,

27. want ek ken jul rebellie en jul hardkoppigheid. Let op, terwyl ek nog by julle lewe vandag, was julle rebels teen יהוה, hoeveel te meer dan ná my dood!

28. Vergader by my al die oudstes van julle stamme en julle leiers sodat ek hierdie woorde kan sê waar hulle kan hoor en die hemele en die aarde as getuies teen hulle kan roep,

29. want ek weet dat julle ná my dood korrup sal optree en sal wegdraai van die pad wat ek julle beveel het en wetsoortreding sal oor julle kom in die laaste dae omdat julle sal doen wat boos is in die oë van יהוה en Hom tot woede aanhits met die werk van julle hande.”

30. Toe het Moshe, waar die hele vergadering van Yisra’el hom kon hoor, die woorde van hierdie lied uitgespreek tot die einde toe.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 31