Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 30:9-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Dan sal יהוה, jou God, jou oorvloediglik voorspoedig maak in al die werk van jou hand, in die nakomeling van jou liggaam, in die nakomeling van jou vee en in die lewering van jou grond, want יהוה sal weer ten goede oor jou bly wees soos Hy bly was oor jou vaders,

10. as jy gehoorsaam is aan יהוה, jou God, om al Sy opdragte en reëls na te kom wat in hierdie boek van die wet geskryf is; as jy na יהוה, jou God, toe draai met jou hele verstand, wil en emosie en met jou hele gees,Rom 10:8; 1 Yog 5:3

11. want hierdie opdrag wat ek jou vandag beveel, is nie vir jou te swaar nie en is nie buite bereik nie.

12. Dit is nie in die hemel sodat jy moet sê: ‘Wie sal vir ons na die hemel toe opgaan en dit vir ons gaan kry en ons dit laat hoor sodat ons dit kan doen?’ nie.

13. Dit is ook nie oorkant die see sodat jy moet sê: ‘Wie sal vir ons na die oorkant van die see gaan en dit vir ons gaan kry en ons dit laat hoor sodat ons dit kan doen?’ nie,Rom 10:6-8

14. maar die woord is baie naby aan jou, in jou mond en in jou verstand sodat jy dit kan doen.

15. Let op, ek het jou vandag die lewe en voorspoed en die dood en moeilikheid, voorgehou;

16. deurdat ek jou vandag beveel om יהוה, jou God, lief te hê, in Sy paaie te loop, Sy opdragte, reëls en wette te doen sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en יהוה, jou God, jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit te besit,

17. maar as jou verstand, wil en emosie wegdraai en jy wil nie gehoorsaam nie, maar word weggetrek en aanbid ander gode en dien hulle,

18. dan verkondig ek vandag aan julle dat julle sekerlik sal omkom. Julle sal nie jul dae verleng in die land waarheen jul oor die Yarden trek, om dit te besit nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 30