Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 30:14-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. maar die woord is baie naby aan jou, in jou mond en in jou verstand sodat jy dit kan doen.

15. Let op, ek het jou vandag die lewe en voorspoed en die dood en moeilikheid, voorgehou;

16. deurdat ek jou vandag beveel om יהוה, jou God, lief te hê, in Sy paaie te loop, Sy opdragte, reëls en wette te doen sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en יהוה, jou God, jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit te besit,

17. maar as jou verstand, wil en emosie wegdraai en jy wil nie gehoorsaam nie, maar word weggetrek en aanbid ander gode en dien hulle,

18. dan verkondig ek vandag aan julle dat julle sekerlik sal omkom. Julle sal nie jul dae verleng in die land waarheen jul oor die Yarden trek, om dit te besit nie.

19. Ek roep die hemel en die aarde vandag as getuies teen julle; dat ek lewe en dood voor julle geplaas het, die seën en die vloek. Kies dus die lewe sodat jy kan lewe, jy en jou nageslag,

20. deur יהוה, jou God, lief te hê, deur Sy stem te gehoorsaam en aan Hom vas te hou, want dit is jou lewe en die lengte van jou dae sodat jy kan woon in die land wat יהוה aan jou vaders Avraham, Yitz’gak en Ya’akov met ’n eed beloof het om dit aan hulle te gee.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 30