Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 30:12-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Dit is nie in die hemel sodat jy moet sê: ‘Wie sal vir ons na die hemel toe opgaan en dit vir ons gaan kry en ons dit laat hoor sodat ons dit kan doen?’ nie.

13. Dit is ook nie oorkant die see sodat jy moet sê: ‘Wie sal vir ons na die oorkant van die see gaan en dit vir ons gaan kry en ons dit laat hoor sodat ons dit kan doen?’ nie,Rom 10:6-8

14. maar die woord is baie naby aan jou, in jou mond en in jou verstand sodat jy dit kan doen.

15. Let op, ek het jou vandag die lewe en voorspoed en die dood en moeilikheid, voorgehou;

16. deurdat ek jou vandag beveel om יהוה, jou God, lief te hê, in Sy paaie te loop, Sy opdragte, reëls en wette te doen sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en יהוה, jou God, jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit te besit,

17. maar as jou verstand, wil en emosie wegdraai en jy wil nie gehoorsaam nie, maar word weggetrek en aanbid ander gode en dien hulle,

18. dan verkondig ek vandag aan julle dat julle sekerlik sal omkom. Julle sal nie jul dae verleng in die land waarheen jul oor die Yarden trek, om dit te besit nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 30