Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 3:23-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Ek het in dié tyd tot יהוה gebid en gesê:

24. ‘O, Meester, יהוה, U het begin om aan U dienskneg U grootheid en U magtige hand te wys, want watter god is daar in die hemele en op die aarde wat werke en magtige dade soos U s’n kan doen?

25. Ek bid, laat my asseblief oortrek en die mooi land sien, wat oorkant die Yarden lê, daardie goeie bergland en L’vanon,’

26. maar יהוה was kwaad vir my, as gevolg van julle en wou nie na my luister nie. יהוה het vir my gesê: ‘Genoeg! Moenie verder met My oor hierdie saak praat nie.

27. Klim op na die top van Pisgah en slaan jou oë op na die weste, na die noorde, na die suide en na die ooste en neem dit waar met jou oë, want jy sal nie oor hierdie Yarden gaan nie,

28. maar stel Y’hoshua aan, bemoedig en versterk hom, want hy sal voor hierdie volk uit deurtrek en hy sal hulle die land wat jy sal sien, as erfenis gee.

29. So het ons gebly in die vallei oorkant Beit-P’or.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 3