Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 3:20-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. totdat יהוה aan julle broers rus gegee het, soos aan julle en hulle ook die land besit wat יהוה, julle God, aan hulle oorkant die Yarden gee; dan kan elkeen van julle teruggaan na sy besitting wat ek vir julle gegee het.’

21. Ek het ook vir Y’hoshua in dié tyd beveel en gesê: ‘Jou oë het alles gesien wat יהוה, julle God, aan hierdie twee konings gedoen het. So sal יהוה aan al die koninkryke doen waardeur jy trek.

22. Julle moenie vir hulle bang wees nie, want יהוה, julle God, baklei self vir julle.’

23. Ek het in dié tyd tot יהוה gebid en gesê:

24. ‘O, Meester, יהוה, U het begin om aan U dienskneg U grootheid en U magtige hand te wys, want watter god is daar in die hemele en op die aarde wat werke en magtige dade soos U s’n kan doen?

25. Ek bid, laat my asseblief oortrek en die mooi land sien, wat oorkant die Yarden lê, daardie goeie bergland en L’vanon,’

26. maar יהוה was kwaad vir my, as gevolg van julle en wou nie na my luister nie. יהוה het vir my gesê: ‘Genoeg! Moenie verder met My oor hierdie saak praat nie.

27. Klim op na die top van Pisgah en slaan jou oë op na die weste, na die noorde, na die suide en na die ooste en neem dit waar met jou oë, want jy sal nie oor hierdie Yarden gaan nie,

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 3