Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 28:22-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. יהוה sal jou swaar tref met wegvretende siekte, koors, inflammasie, ontsteking, met die swaard, plantsiektes en ryp en hulle sal jou agtervolg totdat jy omkom.

23. Die hemel wat oor jou kop is, sal koper wees en die aarde wat onder jou is, yster.

24. יהוה sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy vernietig is.

25. יהוה sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor hom uitvlug en jy sal ’n voorbeeld van angs wees vir al die koninkryke van die aarde.

26. Jou lyke sal kos wees vir al die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde en daar sal niemand wees om hulle af te skrik nie.

27. יהוה sal jou slaan met die swere van Mitzrayim en met gewasse, skurfte en jeuk waarvan jy nie kan gesond word nie.

28. יהוה sal jou slaan met kranksinnigheid, blindheid en verstandsverwarring

29. en jy sal op die middag rondtas soos die blinde in die donker rondtas en jou paaie sal nie voorspoedig wees nie, maar jy sal altyddeur net onderdruk en beroof wees, met niemand om jou te red nie.Spr 10:30

30. Jy sal aan ’n vrou verloof raak, maar ’n ander man sal haar onteer. Jy sal ’n huis bou, maar jy sal nie daarin woon nie. Jy sal ’n wingerd plant, maar nie sy vrugte gebruik nie.

31. Jou bees sal voor jou oë geslag word, maar jy sal nie daarvan eet nie; jou donkie sal van jou weggeskeur word en nie aan jou terugbesorg word nie; jou kleinvee sal aan jou vyande gegee word en daar sal niemand wees om jou te red nie.

32. Jou seuns en jou dogters sal aan ’n ander volk gegee word terwyl jou oë toekyk en voortdurend na hulle verlang, maar daar sal niks wees wat jy kan doen nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 28