Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 28:22-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. יהוה sal jou swaar tref met wegvretende siekte, koors, inflammasie, ontsteking, met die swaard, plantsiektes en ryp en hulle sal jou agtervolg totdat jy omkom.

23. Die hemel wat oor jou kop is, sal koper wees en die aarde wat onder jou is, yster.

24. יהוה sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy vernietig is.

25. יהוה sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor hom uitvlug en jy sal ’n voorbeeld van angs wees vir al die koninkryke van die aarde.

26. Jou lyke sal kos wees vir al die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde en daar sal niemand wees om hulle af te skrik nie.

27. יהוה sal jou slaan met die swere van Mitzrayim en met gewasse, skurfte en jeuk waarvan jy nie kan gesond word nie.

28. יהוה sal jou slaan met kranksinnigheid, blindheid en verstandsverwarring

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 28