Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 26:6-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Die Mitzrayiete het ons hard behandel, ons onderdruk en harde werk op ons afgedwing.

7. Toe het ons uitgeroep na יהוה, die God van ons vaders en יהוה het ons stem gehoor en ons moeilikheid, ons harde werk en ons onderdrukking gesien

8. en יהוה het ons uit Mitzrayim uitgelei deur ’n magtige hand en ’n uitgestrekte arm, deur groot angswekkende dade en deur tekens en wonders

9. en Hy het ons na hierdie plek gebring en ons hierdie land gegee, ’n land wat vloei met melk en heuning.

10. Nou, let op, ek het die eerstelinge van die vrugte van die land wat U, יהוה, my gegee het, gebring.’ Dan moet jy dit neersit voor יהוה, jou God en jou neerbuig voor יהוה, jou God

11. en jy, die Leviet en die vreemdeling wat tussen jou is, moet julle verheug oor al die goeie wat יהוה, jou God, jou en jou huis gegee het.

12. Wanneer jy klaar al die tiendes van jou vermeerdering afgesonder het in die derde jaar, die jaar van die tiendes, dan moet jy dit aan die Leviet, die vreemdeling, die wees en die weduwee gee dat hulle in jou dorpe kan eet en tevrede wees.

13. Jy moet voor יהוה, jou God, sê: ‘Ek het die afgesonderde gedeelte uit my huis verwyder en dit ook aan die Leviet, die vreemdeling, die wees en die weduwee gegee, volgens al U opdragte wat U my beveel het; ek het geeneen van U opdragte oortree of vergeet nie.

14. Ek het nie daarvan geëet terwyl ek rou nie of enige daarvan verwyder terwyl ek onrein was nie of enige daarvan aan ’n dooie geoffer nie. Ek het na die stem van יהוה, my God, geluister; ek het gedoen volgens alles wat U my beveel het.

15. Kyk af uit U afgesonderde blyplek, uit die hemel en seën U volk Yisra’el en die grond wat U ons gegee het, soos U aan ons vaders met ’n eed beloof het, ’n land wat vloei met melk en heuning.’

16. Vandag beveel יהוה, jou God, jou om hierdie reëls en wette na te kom. Jy moet daarom versigtig wees om hulle met jou hele verstand, wil en emosie en jou hele gees en lewe te doen.

17. Jy het vandag verklaar dat יהוה jou God is en dat jy in Sy paaie sal loop en Sy reëls, opdragte en wette sal gehoorsaam en na Sy stem sal luister en dit doen.

18. יהוה het jou vandag as Sy volk verklaar, ’n waardevolle besitting, soos Hy jou beloof het dat jy al Sy opdragte moet uitvoer

19. en dat Hy jou hoog bo al die nasies wat Hy gemaak het sal stel, tot lofprysing, roem en eer en dat jy ’n afgesonderde volk tot יהוה, jou God, sal wees soos Hy gesê het.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 26