Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 17:9-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. en jy moet kom na die Leviete, die priesters en na die regter wat daar in dié dae sal wees en navraag doen en hulle sal vir jou die uitspraak gee oor die saak.

10. Jy moet handel ooreenkomstig die woord wat hulle jou sal gee op dié plek wat יהוה sal kies en jy moet versigtig wees om alles te doen presies soos hulle jou leer.

11. Ooreenkomstig die wet wat hulle jou leer en volgens die oordeel wat hulle jou beveel, moet jy doen; jy mag nie regs of links afwyk van die woord wat hulle aan jou gee nie.1 Kor 5:13

12. Die man wat voorbarig optree deur nie te luister na die priester, wat staan om daar voor יהוה, jou God, te dien, of na die regter, nie; dié man moet sterf. So moet jy dan die bose uit Yisra’el uitroei.

13. Die hele volk sal dit hoor en respekvol vrees en nie meer voorbarig optree nie.

14. Wanneer jy in die land, wat יהוה, jou God, jou gee, kom, dit besit, daarin woon en dan sê: ‘Ek wil ’n koning oor my aanstel soos al die nasies wat rondom my is,’

15. dan moet jy ’n koning wat יהוה, jou God, sal kies, oor jou aanstel; een vanuit jou broers moet jy as koning oor jou aanstel; jy mag geen buitelander, wat nie jou broer is, oor jou aanstel nie.1 Kon 10:28

16. Meer nog, hy mag nie vir hom perde vermenigvuldig nie en hy mag die volk nie na Mitzrayim teruglei om perde te vermenigvuldig nie, want יהוה het vir julle gesê: ‘Julle mag nooit weer teruggaan op hierdie pad nie.’

17. Hy mag ook nie vir homself baie vroue vermenigvuldig nie sodat sy hart nie weggedraai word nie; hy mag ook nie vir homself baie silwer en goud vermenigvuldig nie.

18. Dit sal ook wees dat as hy op die troon van sy koninkryk sit, hy vir homself ’n afskrif van hierdie wet in ’n boek moet skryf, in die teenwoordigheid van die Levitiese priesters

19. en dit moet by hom wees, hy moet al die dae van sy lewe daaruit lees dat hy kan leer om יהוה, sy God, respekvol te vrees deur al die woorde van hierdie wet en hierdie reëls versigtig te doen1 Tim 3:6

20. sodat sy verstand, wil en emosie nie opgelig word bo sy broers nie en hy van die opdragte nie regs of links afdraai nie sodat hy en sy seuns lank mag voortbestaan in sy koninkryk, binne Yisra’el.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 17