Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 17:8-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. As ’n saak voorkom wat vir jou te swaar is om oor te oordeel, tussen een soort doodslag of ’n ander, tussen een regs-eis en ’n ander of tussen een aanval en ’n ander, sake van strydpunte in jou poorte, dan moet jy opstaan en gaan na die plek wat יהוה, jou God, sal kies

9. en jy moet kom na die Leviete, die priesters en na die regter wat daar in dié dae sal wees en navraag doen en hulle sal vir jou die uitspraak gee oor die saak.

10. Jy moet handel ooreenkomstig die woord wat hulle jou sal gee op dié plek wat יהוה sal kies en jy moet versigtig wees om alles te doen presies soos hulle jou leer.

11. Ooreenkomstig die wet wat hulle jou leer en volgens die oordeel wat hulle jou beveel, moet jy doen; jy mag nie regs of links afwyk van die woord wat hulle aan jou gee nie.1 Kor 5:13

12. Die man wat voorbarig optree deur nie te luister na die priester, wat staan om daar voor יהוה, jou God, te dien, of na die regter, nie; dié man moet sterf. So moet jy dan die bose uit Yisra’el uitroei.

13. Die hele volk sal dit hoor en respekvol vrees en nie meer voorbarig optree nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 17