Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 17:10-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Jy moet handel ooreenkomstig die woord wat hulle jou sal gee op dié plek wat יהוה sal kies en jy moet versigtig wees om alles te doen presies soos hulle jou leer.

11. Ooreenkomstig die wet wat hulle jou leer en volgens die oordeel wat hulle jou beveel, moet jy doen; jy mag nie regs of links afwyk van die woord wat hulle aan jou gee nie.1 Kor 5:13

12. Die man wat voorbarig optree deur nie te luister na die priester, wat staan om daar voor יהוה, jou God, te dien, of na die regter, nie; dié man moet sterf. So moet jy dan die bose uit Yisra’el uitroei.

13. Die hele volk sal dit hoor en respekvol vrees en nie meer voorbarig optree nie.

14. Wanneer jy in die land, wat יהוה, jou God, jou gee, kom, dit besit, daarin woon en dan sê: ‘Ek wil ’n koning oor my aanstel soos al die nasies wat rondom my is,’

15. dan moet jy ’n koning wat יהוה, jou God, sal kies, oor jou aanstel; een vanuit jou broers moet jy as koning oor jou aanstel; jy mag geen buitelander, wat nie jou broer is, oor jou aanstel nie.1 Kon 10:28

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 17