Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 15:10-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Jy moet gewilliglik aan hom gee en jou gedagtes moenie bedroef wees as jy aan hom gee nie, want ter wille hiervan sal יהוה, jou God, jou seën in al jou werk en in alles waar jy jou hand aan slaan,

11. want die arme sal nie ophou om in die land te wees nie; daarom gee ek jou bevel en sê: Jy moet jou hand wyd oopmaak vir jou broer, vir die arme en die behoeftige in jou land.

12. As jou broer, ’n Hebreeuse man of ’n Hebreeuse vrou, aan jou verkoop word, moet hy jou ses jaar lank dien, maar in die sewende jaar moet jy hom vrymaak

13. en wanneer jy hom vry laat weggaan, moet jy hom nie met leë hande laat weggaan nie.

14. Jy moet hom vrylik voorsien vanuit jou kleinvee, jou dorsvloer en jou wyn pers. Jy moet aan hom gee soos יהוה, jou God, jou geseën het.

15. Jy moet onthou dat jy ’n slaaf in die land van Mitzrayim was en dat יהוה, jou God, jou losgekoop het; daarom beveel ek jou hierdie dinge vandag,

16. As dit gebeur dat hy vir jou sê: ‘Ek wil nie van jou af weggaan nie,’ aangesien hy jou en jou huis liefhet omdat dit vir hom goed was by jou,

17. dan moet jy ’n els neem en dit deur sy oor in die deur steek en hy sal jou slaaf wees vir ewig. Met jou slavin moet jy net so doen.

18. Dit moenie moeilik in jou oë wees om hom vry te laat weggaan nie, want hy het jou ses jaar lank gedien teen dubbel die diens van ’n dagloner en יהוה, jou God, sal jou seën in alles wat jy doen.

19. Al die eersgeborenes van die manlike geslag wat uit jou beeste en jou kleinvee voortgebring word, moet jy aan יהוה, jou God, afsonder; jy mag nie werk met die eersgeborene van jou beeste nie of die eersgeborene van jou kleinvee skeer nie.Lev 17:3-7 Deut 12:20-26

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 15