Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 12:29-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. Wanneer יהוה, jou God, die nasies waarheen jy gaan, om hulle te onteien, voor jou afsny en jy hulle onteien het en in hulle land bly,

30. let op dat jy nie in die strik val om hulle te volg nadat hulle voor jou uit vernietig is nie en dat jy nie na hulle gode vra en sê: ‘Hoe het hierdie nasies hulle gode gedien sodat ek dit ook so kan doen?’ nie.

31. Jy mag dít nie doen aan יהוה, jou God, nie, want alles wat vir יהוה verwerplik is, wat Hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen, want hulle het selfs hulle seuns en hulle dogters in die vuur verbrand vir hulle gode.Deut 4:2; Spr 30:6; Mat 5:17-19

32. Wat ek julle ook al beveel, dit moet julle doen; jy mag daar niks byvoeg en daar niks van wegvat nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 12