Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 1:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is die woorde waarmee Moshe met die hele Yisra’el gepraat het, oorkant die Yarden, in die wildernis, in die vlakte oorkant Suf, tussen Pa’ran, Tofel, Lavan, Hatzerot en Di-Zahav.

2. Dit vat elf dae vanaf Horev na Kadesh-Barnea via die berg Se’ir.

3. In die veertigste jaar, in die elfde maand, op die eerste van die maand, het Moshe met die seuns van Yisra’el gepraat, volgens alles wat יהוה hom beveel het aangaande hulle,

4. nadat hy Sigon, die koning van die Emoriete, wat in Hesbon gebly het en `Og, die koning van Bashan, wat in `Ashtarot en Edre’i gebly het, verslaan het.

5. Oorkant die Yarden, in die land Mo’av, het Moshe begin om hierdie wet te verklaar deur te sê:

6. “יהוה, ons God, het met ons by Horev gepraat en gesê: ‘Julle het lank genoeg by hierdie berg gebly.

7. Draai en vertrek na die bergland van die Emoriete en na al hulle aangrensende plekke in die vlakte, in die berge, in die laaglande, in die Negev (Suidland) en aan die seekus, na die land van die Kena’aniete en die L’vanon, tot by die groot rivier, die Eufraatrivier.

8. Kyk, Ek het die land voor julle geplaas; gaan in en neem die land in besit, wat יהוה aan julle vaders Avraham, Yitz’gak en Ya’akov met ’n eed beloof het om dit aan hulle te gee en aan hulle nageslag ná hulle.’

9. Ek het met julle in dié tyd gepraat en gesê: ‘Ek kan julle nie alleen dra nie.

10. יהוה, julle God, het julle vermenigvuldig en let op, hier is julle vandag soos die sterre van die hemel in getal.

11. Mag יהוה, die God van julle vaders, julle ’n duisend maal meer maak as wat julle is en julle seën soos Hy julle beloof het!

12. Hoe kan ek julle moeilikhede, laste en regsake alleen dra?

13. Kies wyse, verstandige en ervare manne vanuit julle stamme en ek sal hulle leiers oor julle maak.’

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 1