Ou Testament

Nuwe Testament

Dani'el 9:15-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Nou, o יהוה, ons God, wat U volk uit die land van Mitzrayim gebring het met ’n sterk hand en vir U ’n Karakter en Outoriteit (Naam) gemaak het, soos dit vandag is; ons het gesondig, ons het boos gehandel.

16. O יהוה, volgens die onpartydige opregtheid wat U vir ons gedoen het, laat U woede en toorn weggedraai word van U stad, Yerushalayim en van U afgesonderde berg, want as gevolg van ons sondes en die onregverdighede van ons vaders is U volk in elke land verstrooi en Yerushalayim het ’n bespotting geword vir alle volke;

17. daarom nou, o יהוה, hoor die gebed en smeking van U dienskneg en laat ter wille van U Karakter en Outoriteit (Naam), U gesig skyn oor U Afgesonderde Plek wat verlate is.

18. O, my God, draai U oor en hoor, maak U oë oop en sien ons verwoeste en verlate plekke en die stad wat volgens U Naam (Karakter en Outoriteit) uitgeroep is, want ons bring nie ons smeking voor U op grond van ons onpartydige opregtheid nie, maar op grond van U groot omgee.

19. O, יהוה, hoor! O, יהוה, vergewe ons! O, יהוה, luister en doen dit, stel nie uit nie, om U eie Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil, o my God, want U Naam (Karakter en Outoriteit) is uitgeroep oor U stad en oor U volk.”

20. Terwyl ek nog besig was om te bid en my oortredings en die oortredings van my volk Yisra’el te bely en my smeking voor die Teenwoordigheid van יהוה, my God, aan te bied vir die afgesonderde berg van my God,

21. ja, terwyl ek nog praat in gebed, het die man Gavri’el, wat ek vroeër in die visioen gesien het, vinnig afgevlieg vanaf die hemel en na my toe gekom teen die tyd van die aandoffer.

22. Hy het gekom en met my gepraat en gesê: “Dani’el, ek het nou gekom om jou te leer sodat jy kan verstaan.

23. Aan die begin van jou gebed het ’n woord uitgegaan en ek het gekom om dit aan jou bekend te maak, want jy is ’n baie geliefde man; daarom, onderskei die saak en verstaan die visioen.Mat 11:13 en om die Mees Afgesonderde Plek aan Die Gesalfde Een te gee.Yeg 43:7

24. Sewentig keer sewe weke is oor jou volk en jou afgesonderde stad bereken, om die oortredings te eindig en ’n einde te maak aan sonde en die onregverdigheid te vergewe en om ewige onpartydige opregtheid in te bring en om die visie van die profete tot volheid te bring

25. Weet daarom en verstaan dat vanaf die uitgang van die woord om Yerushalayim te herstel en op te bou tot by die koms van Die Gesalfde Een, die Koning, is sewentig keer sewe en twee en sestig keer sewe weke; die strate en die mure sal weer gebou word op die vasgestelde tye.

26. Ná die twee en sestig tydperke van sewe weke sal Die Gesalfde Een doodgemaak word en die stad sal sonder ’n heerser wees en die afgesonderde stad sal saam met die komende koning vernietig word en die einde daarvan sal ’n reuse verbanning wees en aan die einde van die oorlog, word verlatenheid vasgestel.Mat 24:15; Mar 13:14

Lees volledige hoofstuk Dani'el 9