Ou Testament

Nuwe Testament

Dani'el 9:12-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Hy het Sy woorde, wat Hy teen ons en ons regters, wat oor ons regeer, gespreek het, bevestig deur ’n groot boosheid oor ons te bring, want onder die ganse hemel is nie gedoen, soos oor Yerushalayim gedoen is nie.

13. Soos dit in die wet van Moshe geskryf is, het al hierdie onheil oor ons gekom en tog het ons nie voor die Teenwoordigheid van יהוה, ons God, gebid dat ons kan erken en omdraai van ons oortredinge en U waarheid kan verstaan, nie;

14. daarom het יהוה hierdie boosheid opgestook en dit oor ons gebring, want יהוה, ons God, is regverdig in al Sy dade wat Hy gedoen het, tog het ons nie na Sy stem geluister en gedoen nie.

15. Nou, o יהוה, ons God, wat U volk uit die land van Mitzrayim gebring het met ’n sterk hand en vir U ’n Karakter en Outoriteit (Naam) gemaak het, soos dit vandag is; ons het gesondig, ons het boos gehandel.

16. O יהוה, volgens die onpartydige opregtheid wat U vir ons gedoen het, laat U woede en toorn weggedraai word van U stad, Yerushalayim en van U afgesonderde berg, want as gevolg van ons sondes en die onregverdighede van ons vaders is U volk in elke land verstrooi en Yerushalayim het ’n bespotting geword vir alle volke;

17. daarom nou, o יהוה, hoor die gebed en smeking van U dienskneg en laat ter wille van U Karakter en Outoriteit (Naam), U gesig skyn oor U Afgesonderde Plek wat verlate is.

18. O, my God, draai U oor en hoor, maak U oë oop en sien ons verwoeste en verlate plekke en die stad wat volgens U Naam (Karakter en Outoriteit) uitgeroep is, want ons bring nie ons smeking voor U op grond van ons onpartydige opregtheid nie, maar op grond van U groot omgee.

19. O, יהוה, hoor! O, יהוה, vergewe ons! O, יהוה, luister en doen dit, stel nie uit nie, om U eie Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil, o my God, want U Naam (Karakter en Outoriteit) is uitgeroep oor U stad en oor U volk.”

20. Terwyl ek nog besig was om te bid en my oortredings en die oortredings van my volk Yisra’el te bely en my smeking voor die Teenwoordigheid van יהוה, my God, aan te bied vir die afgesonderde berg van my God,

21. ja, terwyl ek nog praat in gebed, het die man Gavri’el, wat ek vroeër in die visioen gesien het, vinnig afgevlieg vanaf die hemel en na my toe gekom teen die tyd van die aandoffer.

22. Hy het gekom en met my gepraat en gesê: “Dani’el, ek het nou gekom om jou te leer sodat jy kan verstaan.

Lees volledige hoofstuk Dani'el 9