Ou Testament

Nuwe Testament

Dani'el 8:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die derde jaar van die regering van koning Belshatzar, het ’n visioen aan my, Dani’el, verskyn ná dié een wat vroeër aan my verskyn het.

2. Ek het in my visioen gesien en dit het gebeur. Ek was in die paleis, in Shushan, in die provinsie `Eilam en ek het in my droom gesien dat ek by die Ulaistroom staan.

3. Toe het ek my oë opgelig en gesien en let op, daar staan ’n ram voor die stroom met twee horings en die twee horings was hoog, maar die een was hoër as die ander en die hoogste het laaste uitgekom.

4. Ek het die ram gesien stoot na die weste, na die noorde en na die suide en geen dier kon voor hom staan nie en daar was niemand wat uit sy hand kon bevry nie, maar hy het gedoen volgens sy wil en het groot geword.

5. Terwyl ek dit beskou het, let op, ’n bokram kom uit die weste aan oor die oppervlakte van die hele aarde, sonder om die grond te beskadig en die bokram het ’n prominente horing tussen sy oë gehad.

6. Hy het na die ram toe gekom wat twee horings het, wat ek voor die rivier sien staan het en teen hom vas gehardloop met die woede van sy krag.

7. Toe hy die ram bereik het, was hy woedend vir hom en het die ram gestamp en sy twee horings gebreek en daar was geen krag in die ram om voor hom staande te bly nie, maar hy het hom teen die grond gegooi en hom vertrap en daar was niemand wat die ram uit die mag van die bokram kon red nie;

8. daarom het die bokram uitermate groot geword en toe hy sterk was, het sy groot horing afgebreek en vier prominente horings het in sy plek uitgekom, in die rigting van die vier windstreke van die hemel.

Lees volledige hoofstuk Dani'el 8