Ou Testament

Nuwe Testament

Dani'el 7:21-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Ek het gekyk en gesien dat hierdie selfde horing oorlog maak teen die afgesonderdes en hulle oorwin,

22. totdat die Hoogwaardige van dae (Ewigdurende) gekom het en regverdige oordeel verskaf het aan die afgesonderdes van die Allerhoogste en die tyd het gekom dat die afgesonderdes die Koninkryk sou besit.

23. Hy het vir my gesê: “Die vierde dier sal die vierde koninkryk op die aarde wees, wat groter sal wees as al die koninkryke op die aarde en die hele aarde sal verslind, dit sal vertrap en dit in stukkies breek.Open 12:3

24. Die tien horings vanuit hierdie koninkryk is tien konings wat sal opstaan en ’n ander koning sal ná hulle opstaan en hy sal groter wees as die eerstes en drie konings verslaan.Dan 11:36; Open 13:5 en planne maak teen die afgesonderdes van die Allerhoogste en beplan om vasgestelde tye en wette te verander en hulle sal in sy hand oorgegee word vir ’n tyd, tye en ’n halwe tyd,

25. Hy sal woorde praat teen die Allerhoogste

26. maar wanneer die Regter sit in oordeel, sal hulle sy heerskappy wegvat om dit te verteer en te vernietig tot die einde van sy koninkryk toe.

27. Die heerskappye en die grootheid van die koninkryk onder die ganse hemel sal gegee word aan die afgesonderde volk van die Allerhoogste, wie se Koninkryk ’n ewige koninkryk is en al die heerskappye sal Hom dien en gehoorsaam.”

28. Hier is die einde van die saak. Wat my, Dani’el, betref, my gedagtes het my baie gepla en my voorkoms het aan my verander, maar ek het die saak in my binneste bewaar.

Lees volledige hoofstuk Dani'el 7