Ou Testament

Nuwe Testament

Dani'el 7:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die eerste jaar van Belshatzar, koning van Bavel, het Dani’el ’n droom gesien en visioene in sy kop terwyl hy op sy bed lê. Toe het hy die droom opgeskryf en die volheid daarvan vertel.

2. Dani’el het gepraat en gesê: “Ek het in die nag in my visioen gesien en let op, die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring

3. en vier groot diere het uit die see uit opgekom, elkeen verskillend van die ander.

4. Die eerste was soos ’n leeu en hy het arendsvlerke gehad; ek het gekyk totdat sy vlerke afgeruk is en hy het van die grond af opgestaan en soos ’n mens op sy voete gestaan en ’n mens se verstand, wil en emosie is daaraan gegee.

5. Let op, die tweede dier was soos ’n beer en dit het opgestaan aan een kant en dit het drie ribbes in sy bek tussen sy tande gehad en hulle het só vir hom gesê: “Staan op, verteer baie vlees.”

6. Na hierdie dinge het ek gekyk en let op, nog ’n dier, soos ’n luiperd, wat vier vlerke van ’n voël aan sy sye gehad het; die dier het ook vier koppe gehad en heerskappy is aan hom gegee.Open 12:3

7. Na hierdie dinge het ek in die visioen in die nag gesien en let op, ’n vierde dier: verskriklik, magtig, uitermate sterk en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en in stukke geskeur en wat oorgebly het, met sy pote vertrap en dit was anders as al die diere wat voor hom was en dit het tien horings gehad.Open 13:1-2

8. Ek het die horings besigtig en let op, daar kom ’n ander horinkie tussen hulle op en drie van die vorige horings is daardeur ontwortel en let op, in hierdie horing was oë soos van ’n mens en ’n mond wat groot dinge praat.Open 1:14; Open 5:13; Open 20:4

Lees volledige hoofstuk Dani'el 7