Ou Testament

Nuwe Testament

Dani'el 11:21-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. In sy plek sal ’n veragtelike persoon opstaan voor wie hulle nie die koninklike eer sal lê nie, maar hy sal skielik kom en deur bedrog die koninkryk gryp

22. en die versterkte stede in die provinsies sal geplunder word en selfs die leierpriesters van die verbond voor hom uit verstrooi

23. en sommige wat ’n bondgenootskap met hom sal aangaan, sal bedrieglik teen hom werk

24. en tog sal hy sterk word en hom verenig met kleinere mensies en met die ryk stede en hy sal doen wat sy vaders en sy vaders se vaders nie gedoen het nie: hy sal roof en buit en rykdom wegdra, ja en planne teen hulle provinsies maak.

25. Vir ’n tyd sal hy sy krag en sy moed opwek teen die koning van die suide met ’n groot en magtige leër en die koning van die suide sal uitgetart word in geveg met ’n groot leër en hy sal baie sterk word, maar hy sal nie staande bly nie, want hulle sal planne teen hom beraam.

26. Ja, hulle wat sy lekkernye eet sal hom vernietig en sy leër verstrooi en baie sal dood neerval

27. en albei daardie konings se verstand, wil en emosie sal gedraai word om kwaad te doen en aan een tafel sal hulle leuens praat, maar hulle sal nie voorspoedig wees nie, want die einde sal op die vasgestelde tyd kom,

28. dan sal hy na sy eie land teruggaan met ’n groot leër en sy verstand, wil en emosie sal teen die afgesonderde verbond wees

29. en hy sal doen soos die vorige keer, net so in die latere tyd.

30. Skepe van Kittim sal teen hom kom en hom oorwin en hy sal terugkom en verontwaardig wees teen die afgesonderde verbond; hy sal ’n verstandhouding hê met hulle wat die afgesonderde verbond verlaat hetMat 24:15; Mar 13:14

Lees volledige hoofstuk Dani'el 11