Ou Testament

Nuwe Testament

Dani'el 10:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die derde jaar van Koresh, koning van Perse, is iets aan Dani’el, wat Belt’shatzar genoem is, geopenbaar en die woord is waar, maar die woord en die visioen was moeilik te onderskei en te verstaan.

2. In daardie dae het ek, Dani’el, vir drie tydperke van sewe (weke) getreur.

3. Ek het geen fyn kos geëet nie en geen vleis en wyn het in my mond gekom nie; ek het myself ook glad nie gesalf nie totdat drie weke verby was.

4. Op die vier en twintigste dag van die eerste maand terwyl ek op die wal van die groot rivier, Giddekel (Tigris) was,

5. het ek my oë opgelig en gekyk en let op: ’n sekere man in linne aangetrek, wie se heupe vasgebind is met lof, eer en majesteit.Open 1:15

6. Sy voorkoms was vreemd en daar is niks soos hy nie en sy gesig was soos die verskyning van weerlig en sy oë soos fakkels van vuur en sy arms en sy voete soos die kleur van blink gevryfde koper en die klank van sy woorde soos die klank van baie weermagte.

7. Ek, Dani’el, het alleen hierdie gesig gesien, want die manne wat saam met my was, het nie die visioen gesien nie, maar ’n groot vrees het oor hulle geval en hulle het gevlug as gevolg van die vrees;

8. daarom is ek alleen gelaat en het hierdie groot visioen gesien en daar het geen krag in my oorgebly nie en my binneste het gebewe en daar was geen krag in my nie

9. en toe ek die klank van sy woorde gehoor het, het ek op my gesig op die grond geval.

10. Let op, ’n hand het my aangeraak en my op my knieë en handpalms laat staan

11. en hy het vir my gesê: “Dani’el, geliefde man, verstaan die woorde wat ek met jou praat en staan regop, want ek is nou na jou gestuur.” Toe hy hierdie woorde met my gepraat het, het ek bewende opgestaan.

Lees volledige hoofstuk Dani'el 10