Ou Testament

Nuwe Testament

`Amos 8:7-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. יהוה het gesweer by die trots van Ya’akov: “Inderdaad, Ek sal nooit enige van hulle dade vergeet nie.

8. Sal die aarde nie hieroor skud en elkeen wat daarin bly, nie treur nie? Inderdaad, dit sal alles oprys soos die Nyl en dit sal rondgegooi word en wegsak soos die Nyl van Mitzrayim.Luk 23:44

9. Dit sal gebeur in daardie dag,” verklaar יהוה-God, “dat Ek die son twaalf uur die middag (die sesde uur) sal laat ondergaan en die aarde donker maak helder oordag,

10. dan sal Ek julle feeste verander in rou en al julle liedere in klaagliedere en Ek sal ’n roukleed om elkeen se heupe sit en elke kop bles maak. Ek sal dit maak soos by die rou oor ’n heeltemal enigste seun en die einde daarvan sal soos ’n bitter dag wees.Deut 8:3; Mat 4:4; Yog 6:48-; Yog 7:37

11. Let op, daar kom dae,” verklaar יהוה-God, “wanneer Ek ’n hongersnood oor die land sal stuur, nie ’n honger na brood of ’n dors na water nie, maar eerder om die boodskap van יהוה te hoor en te doen.Yog 7:36

12. Mense sal steier van see tot see en van die noorde na die ooste; hulle sal heen en weer gaan om die boodskap van יהוה te soek, maar hulle sal dit nie vind nie.

13. In daardie dag sal die mooi maagde en die jongmanne van dors beswyk.

14. Dié wat sweer by die skuld van Shomron en sê: ‘So waar as jou god leef, o Dan, so waar as die pad van Be’er-Sh’va leef,’ hulle sal val en nie weer opstaan nie.”

Lees volledige hoofstuk `Amos 8