Ou Testament

Nuwe Testament

`Amos 7:6-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. יהוה het Sy gedagtes hieroor verander. “Dit sal ook nie gebeur nie,” het יהוה-God gesê.

7. Dit het Hy my laat sien en let op, יהוה het by ’n loodregte muur gestaan met ’n skietlood in Sy hand.

8. יהוה het vir my gesê: “Wat sien jy, `Amos? Ek het geantwoord: “’n Skietlood.” Toe sê יהוה: “Let op, Ek is op die punt om ’n skietlood in die midde van My volk Yisra’el te sit. Ek sal hulle nie langer spaar nie.

9. Die hoë plekke van Yitz’gak sal verlate gemaak word en die afgesonderde plekke van Yisra’el verwoes word. Dan sal Ek teen die huis van Yarov’am opstaan met die swaard.”

10. Toe het Amatzyah, die priester van Beit-El, na Yarov’am, koning van Yisra’el, gestuur en gesê: “`Amos het teen u saamgesweer midde-in die huis van Yisra’el; die land kan nie al sy woorde uithou nie,

11. want so het `Amos gesê: ‘Yarov’am sal deur die swaard sterf en Yisra’el sal sekerlik vanaf sy land in ballingskap gaan.’”

12. Toe sê Amatzyah vir `Amos: “Gaan, siener, vlug weg na die land van Y’hudah, eet daar brood en profeteer daar,

13. maar moenie langer in Beit-El profeteer nie, want dit is ’n afgesonderde plek van die koning en ’n koninklike blyplek.”

14. Toe het `Amos Amatzyah geantwoord: “Ek is nie ’n profeet en ook nie die seun van ’n profeet nie, want ek is ’n veewagter en kweker van wildevyebome,

15. maar יהוה het my agter die kleinvee weggevat en יהוה het vir my gesê: ‘Gaan, profeteer vir My volk Yisra’el.’

16. Hoor en gee nou ag op die boodskap van יהוה! Jy sê: ‘Jy mag nie teen Yisra’el profeteer of teen die huis van Yitz’gak praat nie;’2 Kon 17

17. daarom, so sê יהוה: ‘Jou vrou sal ’n hoer word in die stad, jou seuns en jou dogters sal deur die swaard val, jou grond sal verdeel word met die meetlyn en jy self sal op onrein grond sterf. Meer nog, Yisra’el sal sekerlik vanaf sy land in ballingskap gaan.’”

Lees volledige hoofstuk `Amos 7