Ou Testament

Nuwe Testament

`Amos 5:20-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Sal die dag van יהוה nie duisternis wees in plaas van lig nie, selfs donkerte sonder helderheid daarin?

21. “Ek haat, Ek verwerp julle feeste en het ook geen vreugde in julle ernstige byeenkomste nie.

22. Selfs al offer julle vir My brandoffers en julle graanoffers, Ek sal hulle nie aanvaar nie en Ek sal nie eers kyk na die vredesoffer van julle vetgemaakte diere nie.

23. Verwyder van My die geraas van jou liedere; Ek sal nie eens luister na die klank van jou harpe nie,

24. maar laat die regverdige oordeel afrol soos water en onpartydige opregtheid soos ’n ewig vloeiende stroom.

25. Het julle offers en graanoffers tot My gebring in die wildernis vir veertig jaar lank, o huis van Yisra’el?Hand 7:43

26. Julle het ook vir Sikkut, julle koning en Kiyun, julle beelde, die ster van julle gode, wat julle vir julleself gemaak het, gedra;

27. daarom sal Ek julle anderkant Dammesek in ballingskap laat gaan,” sê יהוה, wie se Naam God van die leërmagte is.

Lees volledige hoofstuk `Amos 5