Ou Testament

Nuwe Testament

`Amos 5:17-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Daar is ook ’n geweeklaag in al die wingerde omdat Ek in jou midde sal deurgaan,” sê יהוה.1 Thes 5:2

18. Ag tog, julle wat na die dag van יהוה verlang, want watter doel sal die dag van יהוה vir julle hê? Dit sal duisternis wees en nie lig nie;

19. soos wanneer ’n man vlug vir ’n leeu en ’n beer loop hom raak; of huis toe gaan, teen die muur leun met sy hand en ’n slang byt hom!

20. Sal die dag van יהוה nie duisternis wees in plaas van lig nie, selfs donkerte sonder helderheid daarin?

21. “Ek haat, Ek verwerp julle feeste en het ook geen vreugde in julle ernstige byeenkomste nie.

22. Selfs al offer julle vir My brandoffers en julle graanoffers, Ek sal hulle nie aanvaar nie en Ek sal nie eers kyk na die vredesoffer van julle vetgemaakte diere nie.

23. Verwyder van My die geraas van jou liedere; Ek sal nie eens luister na die klank van jou harpe nie,

24. maar laat die regverdige oordeel afrol soos water en onpartydige opregtheid soos ’n ewig vloeiende stroom.

25. Het julle offers en graanoffers tot My gebring in die wildernis vir veertig jaar lank, o huis van Yisra’el?Hand 7:43

26. Julle het ook vir Sikkut, julle koning en Kiyun, julle beelde, die ster van julle gode, wat julle vir julleself gemaak het, gedra;

27. daarom sal Ek julle anderkant Dammesek in ballingskap laat gaan,” sê יהוה, wie se Naam God van die leërmagte is.

Lees volledige hoofstuk `Amos 5