Ou Testament

Nuwe Testament

`Amos 5:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Luister en gee ag op hierdie boodskap wat Ek vir julle as ’n klaaglied aanhef, o huis van Yisra’el:

2. Sy het geval, sy sal nie weer opstaan nie, die maagd Yisra’el. Sy is alleen gelos op haar land; daar is niemand om haar op te tel nie,

3. want so sê יהוה-God: “Die stad wat met ’n duisend sterk uitgaan, sal ’n honderd oor hê en die een wat met ’n honderd uitgaan, sal tien oor hê vir die huis van Yisra’el,”

4. want so sê יהוה aan die huis van Yisra’el: “Soek My sodat julle kan leef,

5. maar neem nie jou toevlug tot Beit-El en kom nie na Gilgal of gaan oor na Be’erSh’va nie, want Gilgal sal sekerlik in ballingskap gaan en Beit-El sal in moeilikheid kom.

6. Soek יהוה sodat julle kan lewe, of Hy sal uitbreek soos ’n vuur in die huis van Yosef en Beit-El verteer en daar sal niemand wees om dit te blus nie,

7. vir hulle wat regverdige oordeel in wilde-als verander en onpartydige opregtheid teen die grond gooi!”

8. Hy wat die Sewester en Orion gemaak het en die diep duisternis na oggend verander, wat ook die dag verdonker na nag, wat uitroep na die waters van die see en dit uitgooi oor die oppervlakte van die aarde, יהוה is Sy Naam (Karakter en Outoriteit)!

9. Dit is Hy wat die swakke laat heers oor die sterke en die nederige oplig bo die trotse!

10. Hulle haat hom wat in die poort bestraf en hulle verafsku hom wat met integriteit praat;

11. daarom, omdat julle ’n swaar rente op die arme lê en van hulle ’n heffing van graan vat, het julle huise van goed gekapte klippe gebou, tog sal julle nie daarin woon nie; julle het aangename wingerde geplant, tog sal julle die wyn daarvan nie drink nie,

12. want Ek weet dat julle oortredings baie is en julle sondes groot, julle wat die onpartydige en opregte benoud maak, omkoopgeld aanvaar en die armes in die poort wegstoot;

13. daarom bly die versigtige stil tydens so ’n tyd, want dit is ’n bose tyd.

14. Soek wat goed is en nie wat boos is nie sodat julle kan lewe en mag יהוה, die God van die leërmagte, só by julle wees, net soos julle gesê het.Rom 16:19; 1 Kor 14:20 en vestig regverdige oordeel in die poort! Miskien sal יהוה, die God van die leërmagte, onverdiende guns bewys oor die wat oorbly van Yosef;

Lees volledige hoofstuk `Amos 5