Ou Testament

Nuwe Testament

`Amos 1:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woorde van `Amos, een van die skaapboere van T’koa, wat hy deur visioene aangaande Yisra’el in die dae van `Uziyah, koning van Y’hudah en in die dae van Yarov’am, seun van Y’ho’ash, koning van Yisra’el, twee jaar voor die aardbewing, gesien het.

2. Hy het gesê: “יהוה brul uit Tziyon en verhef Sy stem uit Yerushalayim en die herders se weivelde treur en die top van Karmel droog uit.”

3. So sê יהוה: “Oor drie oortredinge van Dammesek, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie omdat hulle Gil’ad met skerp ysters gedors het.

4. Ek sal ’n vuur oor die huis van Haza’el stuur en dit sal die kastele van Ben-Hadad verteer.Yir 49:23-27 ballingskap gaan na Kir,” sê יהוה.

Lees volledige hoofstuk `Amos 1