Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 7:4-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. maar in dieselfde nag kom die boodskap van יהוה tot Natan en sê:

5. “Gaan en sê aan My dienskneg Dawid: “So sê יהוה: ‘Is jy die een wat vir My ’n huis moet bou om in te woon?

6. Ek het nie in ’n huis gebly van die dag af dat Ek die seuns van Yisra’el uit Mitzrayim gebring het tot vandag toe nie, maar Ek het rondgetrek in tente.

7. Waar Ek ook al saam met al die seuns van Yisra’el rondgetrek het, het Ek ’n woord gepraat met een van hulle wat Ek aangestel het om My volk Yisra’el te voed en gesê: ‘Hoekom het julle nie vir My ’n huis van sederhout gebou nie?’

8. Nou, daarom moet jy vir My dienskneg Dawid sê: ‘So sê יהוה-Tzva’ot: “Ek het jou uit die weiveld, van agter die skape af, weggevat, om heerser te wees oor My volk, Yisra’el.

9. Ek was by jou oral waar jy gegaan het en het al jou vyande voor jou afgesny en Ek sal vir jou ’n groot naam (karakter en outoriteit) maak, soos die name van die groot manne wat op die aarde is.

10. Ek sal ook vir My volk Yisra’el ’n plek aanstel en hulle plant sodat hulle in hul eie plek kan bly in vrede en nie meer gepla word nie; ook sal bose manne hulle nie weer slawe maak, soos vroeër nie.

11. Selfs van die dag af dat Ek jou as regter oor My volk Yisra’el aangestel het, het ek jou rus gegee van al jou vyande. יהוה verklaar ook teenoor jou dat יהוה vir jou ’n huis sal maak.Yog 7:42

12. As jou dae voltooi is en jy by jou vaders neergelê word, sal Ek jou nageslag na jou oplig, wat uit jou liggaam sal voortkom en Ek sal sy koningskap bevestig.Hand 2:30

13. Hy sal vir My Naam (Karakter en Outoriteit) ’n huis bou en Ek sal die troon van sy koninkryk bevestig tot in ewigheid.2 Kor 6:18 wanneer hy ’n oortreding begaan, sal Ek hom straf met ’n roede van mense en met slae van ’n seun van ’n mens,

14. Ek sal vir hom ’n Vader wees en hy sal vir My ’n seun wees;

15. maar My liefdevolle goedheid sal nie van hom af weggaan soos wat Ek dit van Sha’ul, wie Ek voor jou verwyder het, af weggevat het nie.

16. Jou huis en jou koningskap sal voor My voortbestaan vir ewig; jou troon sal vasgestel word vir ewig.’”

17. Volgens hierdie hele boodskap en hierdie hele visioen, so het Natan met Dawid gepraat.

18. Toe het Dawid, die koning, ingegaan en voor יהוה gesit en gesê: “Wie is ek en wat is my huis, יהוה-God, dat U my tot hiertoe gebring het?

19. Tog was dit gering in U oë, יהוה-God, want U het ook aangaande die huis van U kneg in die verre toekoms gepraat. Hierdie is die gewoonte van mense, יהוה-God!

20. Weer, wat meer kan Dawid vir U sê? Want U het ’n verbondsverhouding met U dienskneg, יהוה-God.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 7