Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 5:5-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. In Hevron het hy vir sewe jaar en ses maande oor Y’hudah regeer en in Yerushalayim het hy vir drie en dertig jaar oor die hele Yisra’el en Y’hudah regeer.

6. Die koning en sy manne het na Yerushalayim gegaan, teen die Y’vusiete, die inwoners van die land. Hulle het vir Dawid gesê: “Jy sal nie hier inkom nie, selfs die blindes en lammes sal jou verslaan.” Hulle het gedink: “Dawid kan nie hier inkom nie.”

7. Nogtans het Dawid die vesting van Tziyon ingeneem; dit is, die stad van Dawid.

8. Dawid het op daardie dag gesê: “Wie ook al die Y’vusiete verslaan, laat hom die lammes en die blindes, wat Dawid se verstand, wil en emosie haat, deur die waterkanaal bereik.” Hulle sê daarom: “Die blindes en lammes mag nie in die huis kom nie.”

9. Dawid het in die vesting gaan bly en dit ‘die stad van Dawid’ genoem en Dawid het rondom, van die vesting af na die binnekant, gebou.

10. Dawid het voortdurend groter geword, want יהוה-Tzva’ot, was by hom.

11. Toe stuur Hiram, die koning van Tzor, boodskappers na Dawid met sederhout, skrynwerkers en klipkappers en hulle het vir Dawid ’n huis gebou.

12. Dawid het besef dat יהוה hom as koning oor Yisra’el bevestig het en dat Hy sy koningskap opgelig het ter wille van Sy volk Yisra’el.

13. Intussen het Dawid meer byvroue en vroue vanaf Yerushalayim gevat nadat hy van Hevron af gekom het en nog seuns en dogters is vir Dawid gebore.

14. Hierdie is die name van dié wat vir hom in Yerushalayim gebore is: Shamua, Shovav, Natan, Shlomo,

15. Yivgar, Elishua, Nefeg, Yafia,

16. Elishama, Elyada en Elifelet.

17. Toe die F’lishtyne hoor dat hulle Dawid as koning oor Yisra’el gesalf het, het al die F’lishtyne opgetrek om Dawid te soek en toe Dawid daarvan hoor, het hy afgegaan na die vesting.

18. Die F’lishtyne het gekom en hulleself uitgesprei oor die vallei van Refa’im.

19. Toe het Dawid יהוה geraadpleeg en gesê: “Sal ek optrek teen die F’lishtyne? Sal U hulle in my hand gee?” יהוה het vir Dawid gesê: “Gaan op, want Ek sal die F’lishtyne verseker in jou hand gee.”

20. Dawid het by Ba’al-P’ratzim gekom en hulle daar verslaan en gesê: “יהוה het voor my deur my vyande gebreek soos water deurbreek.” Hy het daarom dié plek Ba’alP’ratzim genoem.

21. Hulle het hul afgode daar agtergelaat en Dawid en sy manne het dit weggedra.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 5