Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 5:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe kom al die stamme van Yisra’el na Dawid in Hevron en sê: “Let op, ons is u vlees en bloed!

2. Vroeër, toe Sha’ul koning oor ons was, was ú die een wat Yisra’el uit- en ingelei het en יהוה het vir u gesê: “Jy sal My volk Yisra’el oppas en jy sal ’n heerser wees oor Yisra’el.”

3. So het al die oudstes van Yisra’el na die koning in Hevron gekom en koning Dawid het met hulle ’n verbond in Hevron gesluit voor die Teenwoordigheid van יהוה; toe het hulle Dawid as koning oor Yisra’el gesalf.

4. Dawid was dertig jaar oud toe hy koning geword het en het vir veertig jaar regeer.

5. In Hevron het hy vir sewe jaar en ses maande oor Y’hudah regeer en in Yerushalayim het hy vir drie en dertig jaar oor die hele Yisra’el en Y’hudah regeer.

6. Die koning en sy manne het na Yerushalayim gegaan, teen die Y’vusiete, die inwoners van die land. Hulle het vir Dawid gesê: “Jy sal nie hier inkom nie, selfs die blindes en lammes sal jou verslaan.” Hulle het gedink: “Dawid kan nie hier inkom nie.”

7. Nogtans het Dawid die vesting van Tziyon ingeneem; dit is, die stad van Dawid.

8. Dawid het op daardie dag gesê: “Wie ook al die Y’vusiete verslaan, laat hom die lammes en die blindes, wat Dawid se verstand, wil en emosie haat, deur die waterkanaal bereik.” Hulle sê daarom: “Die blindes en lammes mag nie in die huis kom nie.”

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 5