Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 3:34-39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

34. Jou hande was nie vasgebind en jou voete ook nie in kettings gesit nie. Soos ’n mens voor die bose val, het jy geval.” Die hele volk het weer oor hom gehuil.

35. Toe het die hele volk gekom om Dawid te oortuig om brood te eet terwyl dit nog dag was, maar Dawid het gesweer en gesê: “Mag God so aan my doen en ook meer, as ek brood of enige iets proe voor sonsondergang.”

36. Al die mense het dit opgemerk en dit het hulle tevrede gestel, net soos alles wat die koning gedoen het, al die mense tevrede gestel het.

37. Al die mense en die hele Yisra’el het daardie dag verstaan dat dit nie van die koning af was om Avner, die seun van Ner, dood te maak nie.

38. Toe het die koning vir sy diensknegte gesê: “Weet julle nie dat ’n prins en ’n groot man vandag in Yisra’el geval het nie?

39. Ek is vandag swak, alhoewel ek as koning gesalf is terwyl hierdie manne, die seuns van Tz’ruyah, te moeilik is vir my. Mag יהוה die kwaaddoener vergeld na sy boosheid!”

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 3