Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 24:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woede van יהוה het weer teen Yisra’el opgevlam. Dawid is teen hulle aangehits en daar is vir hom gesê: “Gaan tel Yisra’el en Y’hudah.”

2. Die koning het vir Yo’av, die bevelvoerder van die leër, wat by hom was, gesê: “Gaan deur al die stamme van Yisra’el, van Dan tot by Be’er-Sh’va en tel die volk sodat ek die getal mense kan weet.”

3. Yo’av het egter vir die koning gesê: “Nou, mag יהוה, u God, by die volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle is terwyl die oë van my meester die koning sien, maar waarom het my meester die koning behae in hierdie saak?”

4. Nogtans het die woord van die koning gestaan teenoor Yo’av en die bevelvoerders van die leër. Yo’av en die bevelvoerders van die leër het uitgegaan vanaf die teenwoordigheid van die koning om die mense van Yisra’el te tel.

5. Hulle het deur die Yarden gegaan en kamp opgeslaan in `Aro’er, regs van die stad wat in die middel van die vallei van Gad lê en in die rigting van Ya’zer.

6. Toe het hulle in Gil’ad gekom en by die land van Tagtim-Hodshi en hulle het by Dan-Ya’an gekom en rondom na Tzidon

7. en gekom by die vesting van Tzor en by al die stede van die Hiviete en Kena’aniete en hulle het uitgekom na die suide van Y’hudah in Be’er-Sh’va.

8. Toe hulle rondgegaan het deur die hele land, het hulle in Yerushalayim aangekom aan die einde van nege maande en twintig dae.

9. Yo’av het die getal van die getelde mense aan die koning gegee en daar was in Yisra’el agt honderd duisend weerbare manne wat die swaard uittrek en die manne van Y’hudah was vyf honderd duisend man.

10. Dawid se gewete het hom gepla nadat hy die volk getel het. Dawid het vir יהוה gesê: “Ek het baie gesondig deur wat ek gedoen het, maar nou, יהוה, vat asseblief die skuld van U dienskneg weg, want ek het baie dwaas opgetree.”

11. Toe Dawid in die oggend opstaan, het die woord van יהוה tot die profeet Gad, die siener van Dawid, gekom en gesê:

12. “Gaan en praat met Dawid: “So sê יהוה: ‘Ek bied vir jou drie dinge aan, wat Ek aan jou sal doen; kies vir jouself een van hulle.’”

13. Gad het by Dawid gekom en hom vertel en vir hom gesê: “Sal daar sewe jaar lank hongersnood in jou land kom, of wil jy drie maande lank vlug voor jou teëstanders terwyl hulle jou agtervolg, of moet daar drie dae lank pes wees in jou land? Oorweeg nou en sien watter antwoord ek aan Hom wat my gestuur het, moet bring.”

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 24