Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 23:20-35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Dan B’nayah, die seun van Y’hoyada, die seun van ’n dapper man van Kavtze’el, wat magtige dade gedoen het, het die twee seuns van `Ari’el van Mo’av doodgemaak. Hy het ook afgegaan en ’n leeu binne-in ’n gat doodgemaak op ’n dag wat dit gesneeu het.

21. Hy het ’n Mitzrayiet doodgemaak, ’n indrukwekkende man. Die Mitzrayiet het ’n spies in die hand gehad, maar hy het na hom toe afgegaan met ’n staf en die spies uit die hand van die Mitzrayiet geruk en hom met sy eie spies doodgemaak.

22. Hierdie dinge het B’nayah, die seun van Y’hoyada, gedoen en hy het ’n naam gehad saam met die drie magtige manne.

23. Hy was geëerd onder die dertig, maar hy het nie by die eerste drie gekom nie en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag.

24. `Asah’el, die broer van Yo’av, was onder die dertig; Elganan, die seun van Dodo, uit Beit-Legem;

25. Shammah, die Harodiet; Elika, die Harodiet;

26. Heletz, die Paltiet; `Ira, die seun van `Ikesh, van T’koa;

27. Avi’ezer, van `Anatot; M’vunai, die Hushatiet;

28. Tzalmon, die Agogiet; Mahrai, die N’tofatiet;

29. Helev, die seun van Ba’anah, die N’tofatiet; Ittai, die seun van Rivai, uit Giv’ah, van die seuns van Binyamin;

30. B’nayahu, die Pir’atoniet; Hiddai, van die spruite van Ga’ash;

31. Avi-`Alvon, die `Arvatiet; `Azmavet, die Bagarumiet;

32. Elyagba, die Sha’alvoniet, van die seuns van Yashen; Y’honatan;

33. Shammah, die Harariet; Agi’am, die seun van Sharar, die Arariet;

34. Elifelet, die seun van Agashbai, die seun van die Ma’akhatiet; Eli’am, die seun van Agitofel, die Gilohniet;

35. Hetzrai, die Karmeliet; Pa’arai, die Arbiet;

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 23