Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 23:15-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Dawid het ’n begeerte gehad en het gesê: “O, dat iemand vir my water sou gee om te drink uit die put van Beit-Legem wat by die poort is?”

16. Die drie magtige manne breek toe deur die kamp van die F’lishtyne en skep water uit die put van Beit-Legem wat by die poort was en vat dit na Dawid toe. Nogtans wou hy dit nie drink nie, maar het dit uitgegooi tot eer van יהוה

17. en hy het gesê: “Mag dit ver van my wees, יהוה, dat ek dit sou doen! Sou ek die bloed drink van die manne wat in lewensgevaar gegaan het?” Hy wou dit daarom nie drink nie. Hierdie dinge het die drie magtige manne gedoen.

18. Avishai, die broer van Yo’av, die seun van Tz’ruyah, was hoof van die dertig. Hy het sy spies teen drie honderd geswaai en hulle doodgemaak en het ’n naam saam met die drie gehad.

19. Hy was die mees geëerde onder die dertig; daarom het hy hulle bevelvoerder geword, maar hy het nie by die eerste drie gekom nie.

20. Dan B’nayah, die seun van Y’hoyada, die seun van ’n dapper man van Kavtze’el, wat magtige dade gedoen het, het die twee seuns van `Ari’el van Mo’av doodgemaak. Hy het ook afgegaan en ’n leeu binne-in ’n gat doodgemaak op ’n dag wat dit gesneeu het.

21. Hy het ’n Mitzrayiet doodgemaak, ’n indrukwekkende man. Die Mitzrayiet het ’n spies in die hand gehad, maar hy het na hom toe afgegaan met ’n staf en die spies uit die hand van die Mitzrayiet geruk en hom met sy eie spies doodgemaak.

22. Hierdie dinge het B’nayah, die seun van Y’hoyada, gedoen en hy het ’n naam gehad saam met die drie magtige manne.

23. Hy was geëerd onder die dertig, maar hy het nie by die eerste drie gekom nie en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag.

24. `Asah’el, die broer van Yo’av, was onder die dertig; Elganan, die seun van Dodo, uit Beit-Legem;

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 23