Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 22:5-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. want die golwe van die dood het my omring, strome van wettelose manne het my bang gemaak

6. Die bande van Sh’ol het my omring; die strikke van die dood het my gekonfronteer.

7. In my benoudheid, het ek יהוה aangeroep, ja, ek het geroep tot my God en vanaf Sy tempel het Hy my stem gehoor en my hulpgeroep, in Sy ore.

8. Toe het die aarde geskud en gebewe, die fondamente van die hemel het gesidder en is geskud omdat Hy woedend was.

9. Rook het opgegaan vanuit Sy neusgate, vuur vanuit Sy mond het verteer; kole is daardeur aan die brand gesteek.

10. Hy het die hemel neergebuig en afgekom, met dik duisternis onder Sy voete.

11. Hy het op ’n gérub gery en gevlieg; Hy het op die vlerke van die wind verskyn.

12. Hy het duisternis as afdakke rondom Hom gesit, massas van waters, dik wolke van die lug.

13. Vanuit die helderheid voor Hom is kole voor Hom aan die brand gesteek.Yeg 1:4-28; Yeg 10:1-22; Ps 18:8-14

14. יהוה het vanuit die hemel gedonder en die Allerhoogste het Sy stem laat hoor.

15. Hy het pyle uitgestuur en hulle verstrooi, weerligstrale en hulle op die vlug laat slaan.

16. Toe het die kanale van die see sigbaar geword, die fondasies van die wêreld is blootgelê, deur die bestraffing van יהוה, by die blaas van die asem vanuit Sy neusgate.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 22