Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 2:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Daarna het dit gebeur dat Dawid יהוה geraadpleeg en gevra het: “Sal ek opgaan na een van die stede van Y’hudah?” יהוה het hom geantwoord: “Gaan op.” Dawid sê toe: “Waarheen moet ek opgaan?” Hy antwoord: “Na Hevron.”

2. Dawid het daarheen opgegaan, asook sy twee vroue, Agino’am uit Yizre’el en Avigayil, die weduwee van Naval, van Karmel.

3. Dawid het sy manne wat by hom was, laat opkom, elkeen met sy huishouding en hulle het in die stede van Hevron gebly.

4. Toe het die manne van Y’hudah gekom en Dawid daar as koning oor die huis van Y’hudah gesalf en vir Dawid vertel en gesê: “Dit was die manne van Javesh-Gil’ad wat Sha’ul begrawe het.”

5. Dawid het boodskappers na die manne van Javesh-Gil’ad gestuur en vir hulle gesê: “Mag julle geseënd wees deur יהוה omdat julle hierdie omgee bewys het aan Sha’ul, julle meester en hom begrawe het.

6. Mag יהוה julle nou liefdevolle omgee en waarheid bewys en ek self sal ook hierdie goedheid aan julle bewys omdat julle hierdie ding gedoen het;

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 2